Hoekom Dormer?

Hoekom ons met Dormers boer

Op skool reeds het ek my eie Dorper skape gehad, maar hul na matriek verkoop toe ek Landbou in Pretoria gaan swot het. Nadat ek besluit het om plaas toe te kom, en met 'n stoetery te begin, moes ek besluit waarmee. Dalk as gevolg van 'n bietjie rebelsheid om anders as die bure te wees, maar meer na 'n advertensie wat in 'n Landbouweekblad bylaag in 2000 verskyn het, het ek besluit om met Dormers te boer.


Ek het dat my oom vir my op die Nasionale veiling 2004 gaan kyk of hy vir my ooie en 'n ram kon kry en hy het toe 'n ram vanaf Remkuil dormers en 'n ooi met 'n tweeling vanaf Dorwald dormers gekoop. Die volgende jaar Februarie 2005 koop ek 21 aanhangsel A ooie vanaf mnr Kobus Louw. Daarna het ek nog by vele ander stoete ook ooie gekry en die stoet vergroot asook betrokke geraak het by die Dormerraad.

Die Dormer se aanpasbaarheid asook groeie moederseienskappe het my veral geval.

Graag gee ek erkenning aan almal by wie ek Dormers gekoop het.

  • Dorwald Dormers - Christo Groenewald
  • Remkuil Dormers - Johannes du Toit
  • Renosterbosrug Dormers - Erika Hannekom
  • Droërivier Dormers - Dirk van Zyl
  • Danella Dormers - Piet van Zyl
  • Vanovis Dormers - Charl van Rooyen
  • Handu Dormers - Nardu Erwee
  • Oom Cobus Church van Leeukop Dormers. Sonder sy raad en hulp met keurings sou dit nie moontlik gewees het nie. Asook die aankoop van 2 stoetramme in 2008 wat 'n groot verskil in my kudde gemaak het.

Met spesiale dank aan my buurman oom Jantjie Hoffman sonder al oom se kennis en hulp sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie.

Die Dormer. Die ideale vleisras - eg Suid-Afrikaans   Die Dormer. Die ideale vleisras - eg Suid-Afrikaans
Kliek op hier om die artikel te lees.



 

Inhoud:

Tuisblad

Geskiedenis

Hoekom Brangus?

Hoekom Dormer?

Foto Gallery

Veilings

Toekennings

Skakels

Kontak Ons


Kontak Ons:

Kobus Beyers

Makwassie, NW

Sel: 083 284 6473

E-pos: jabuwy@yahoo.com