Hoekom Brangus?

Hoekom ons met Brangusse boer

Vandat ek in 2004 op die plaas is het ons begin oorskakel vanaf spekulasie kalf stelsel na 'n kommersiële vleisbees teelkudde toe. Ons het Santa Getrudis bulle gebruik. Ons het in 2007 egter groot skade met BM gehad en het 'n driekwart van ons kudde uitgeslag. Toe besin ons om met 'n spesifieke ras te begin boer. Die ras moes met ons vorige ondervinding aan sekere vereistes voldoen nl:

Medium raam bees met genoeg melk en moes Brahman bloed in hê, maar moes nie suiwer Brahman wees nie. Dus besluit ons op Brangus of Simbra. Ons het aanvanklik gesukkel om koeie en verse in die hande te kry. Ons het 'n Brangus bul by oom Ferdie Naude gekoop. Later het ons ook kommersiële verse op 'n Brangus veiling te Parys gekoop.

Na 'n paar jaar se teling met kommersiële Brangus bulle was die stoet 'n vooruitspruiting van ons kommersiële teling en laat keur ons in Oktober 2012 ongeveer 50 koeie en verse uit ons kommersiële kudde en koop daarna 'n stoetbul vanaf Roechama stoet.



 

Inhoud:

Tuisblad

Geskiedenis

Hoekom Brangus?

Hoekom Dormer?

Foto Gallery

Veilings

Toekennings

Skakels

Kontak Ons


Kontak Ons:

Kobus Beyers

Makwassie, NW

Sel: 083 284 6473

E-pos: jabuwy@yahoo.com