Geskiedenis van die Dormer ras
Die ontstaan van die Dormer ras
Die dormer is 'n Suid-Afrikaans geteelde witwol vleisskaap wat na jare van intensiewe navorsing by die Elsenburg Landboukollege ontwikkel is uit kruisings tussen Dorset Horn-ramme en Duitse Merino-ooie (tans SA Vleismerino).
Die doel met die ontwikkeling van die ras was om 'n vroegryp skaapras te teel wat vinnig en bekostigbare vleis kan produseer; goed aangepas sou wees by die toestande in die winterreënstreek.
Die doel was voorts om geskikte ramme vir kruisteelt te produseer, veral met die Merino en daarom is daar besluit op 'n witwol vleisras.
Tans het die Dormerras homself as baie aanpasbaar bewys en word met groot sukses in alle dele van Suid Afrika en Namibië, vir slaglamproduksie aangewend.
Ter bevordering van die ras word daar gereeld kursusse aangebied , deelgeneem aan slaglamkompetisies, uitstallings en skoue. Die Nasionale Dormerveiling word jaarliks gedurende September in Bloemfontein aangebied.
Dormer Telersgenootskap van SA
Tel: 051 410 0900
Faks: 051 448 4220
E-pos: dormer@studbook.co.za
Webblad: www.dormer.co.za
Dormers - Aanpasbaar, Gehard, Vrugbaar, Vroegryp en kruis uitstekend met enige ras.
|